Mpanzaville

Skielik gaan ons aan die bewe draai ons af van Hoofweg Sewe Trap die versneller plat
Die wiele rol die byle huil, die poppe tol die boendoe’s geil toe ons afdraai na die stad

Skakel af en ons klim uit weerkaatsing in die motorruit, die son wat weswaarts sak
Die stilte van ‘n ruimteman, of skrywer nou so pas verban, begroet ons ore strak

Daar’s onheil in die kraal en die winde waai koud
En die leeus slaap bang in die donker honger woud

Mpanzaville, Mpanzaville, almal is so stil hier’s ‘n woeste krokodil
Mpanzaville Mpanzaville, daar’s ‘n honger krokodil in Mpanzaville

Vir ure sit ons om die vuur, die konka brand ons oë tuur en ons hoor hoe tjank die wind
Opgestaan en verder aan, spore taan en hoe verstaan jy stilte in die vallei

Maar skielik klap en dreun en ha, ons oë word pap die knieë slap toe die ongedierte dwaal
Ons hoor hom aankom in die wind, ons moet nou gou ‘n antwoord vind vir die monster in die kraal

Daar’s onheil in die kraal en die winde waai koud
Leeus slaap bang in die donker honger woud

Mpanzaville Mpanzaville, al die mense gil vir die woeste krokodil
Mpanzaville Mpanzaville, daar’s ‘n honger krokodil in Mpanzaville

Sy bek gaan oop sy tande blink, sy asem stink hy waggel flink, klokke lui in die doodsvallei
Ons druk ‘n stok diep in sy bek, sy oë word groot, sy stert verrek maar die panga slag sy nek

Hartlam loop en gryp ‘n klip, slaat sy kop dat hy wil stik, sy oë tol om en om
Ons slag hom af en vat sy vel, die honde blaf die mense draf, die kraal is van vreugde stom

By die vure in die kraal blink die krokodilvel
Deur die woud trom die tromme die storie word vertel

Mpanzaville Mpanzaville, al die mense dans om die dooie krokodil
Mpanzaville Mpanzaville, daar’s vrede in die kraal in Mpanzaville

(Mpanzaville, Mpanzaville)
Mpanzaville, Mpanzaville
Mpanzaville, Mpanzaville
Mpanzaville, Mpanzaville

Mpanzaville, Mpanzaville
Mpanzaville, Mpanzaville
Mpanzaville, Mpanzaville
Mpanzaville

Curiosità sulla canzone Mpanzaville di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “Mpanzaville” di Laurika Rauch?
La canzone Mpanzaville è stata rilasciata nel 1979, nell’album “Debuut”.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music