Mis Oor Jacobsbaai

Die deinserigheid oor die baai
Word in ‘n omsientjiestyd, ‘n digte mis
Wat slenter en swaai en dwarrel en draai in die baai

Die deinserigheid oor die baai
Word in ‘n japtrap se tyd, ‘n digte mis
Wat slenter en swaai waar meeue bohaai
En bohaai en bohaai in die baai

En die mishoring kreun en die mishoring steun oor die baai
‘n Knaende klank van Columbine
Soos die liedjie van Auld Lang Syne

Die deinserigheid oor die baai
Word in ‘n handomkeer tyd, ‘n digte mis
Wat langvinger tas waar skuim spoel en was in die baai

Die deinserigheid oor die baai word in ‘n seepbel se duur ‘n donskombers
Wat snoesig kom lê oor rots en oor boot
Oor rotse en bote wat klou en kleef
Waar die meeue bohaai en bohaai

En die mishoring kreun en die mishoring steun oor die baai
‘n Knaende klank van Columbine
Soos die liedjie van Auld Lang Syne

Die dik mis hier oor Jacobsbaai, wag vir die son om te lig en dan ontstaan, ‘n sprokiesgesig as als wat verdwyn het verskyn

Die dik mis wat wyk voor die son laat net ‘n deinserigheid wat talm en toef en als wat verskyn glim soos perlemoen
‘n Prentjie verskyn soos in Brigadoon
En die meeue bohaai en bohaai

En die mishoring staak die gesteun en gekreun oor die baai
Ja, die mishoring swyg by Columbine
Oor die liedjie van Auld Lang Syne

Die deinserigheid oor die baai
Wyk in ‘n omsientjiestyd voor die son en boot
En rots lê en glim en gloei in die gloed
Waar die meeue bohaai en bohaai

Curiosità sulla canzone Mis Oor Jacobsbaai di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “Mis Oor Jacobsbaai” di Laurika Rauch?
La canzone Mis Oor Jacobsbaai è stata rilasciata nel 2011, nell’album “Stuur Groete aan Mannetjies Roux”.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music