Kaalvoetsong

Jy vra vir my om vir jou te sing
Van Lisa se klavier
Jy sê jy wil hoor van Bloubergstrand en hoe almal by die see wil bly
En jy praat in hoë frases van hoe die taal jou inspireer
Maar in die eenvoud van my woorde wil ek sê hoe ek voel

En ek sing vir jou 'n kaalvoetsong met woorde soos die sand
En kommas soos die klippies wat my kaalvoetsole brand
En ek sing vir jou ‘n klein refrein nie ‘n simfonie van klank nie
Net ‘n enkel tokkelsnaar van my kitaar

Onthou jy toe ons kinders was en gesing het van die wind
Van die stad van blou saffiere waar jy dalk jou droom sal vind
Maar jou hart gaan maak ‘n Kaapse draai want jy sê jy voel daar tuis
En ek ontmoet jou net hier duskant Nooitgedacht

En ek sing vir jou 'n kaalvoetsong met woorde soos die sand
En kommas soos die klippies wat my kaalvoetsole brand
En ek sing vir jou ‘n klein refrein nie ‘n simfonie van klank nie
Net ‘n enkel tokkelsnaar van my kitaar

Ek bring vir jou ‘n sonneblom en ‘n foto van die see
In jou fluisterwens droom jy, jy was nou daar
En die pad voel lank na Victoriabaai maar die roete wil ons vat
Want in die stilte hoor ons die reën in die Karoo

En ek sing vir jou 'n kaalvoetsong met woorde soos die sand
En kommas soos die klippies wat my kaalvoetsole brand
En ek sing vir jou ‘n klein refrein nie ‘n simfonie van klank nie
Net ‘n enkel tokkelsnaar van my kitaar

En ek sing vir jou ‘n kaalvoetsong met woorde soos die sand
En kommas soos die klippies wat my kaalvoetsole brand
En ek sing vir jou ‘n klein refrein nie 'n simfonie van klank nie
Net ‘n enkel tokkelsnaar van my kitaar

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music