Jakarandastrate
Jakarandastrate
Roep my vanaand
Ek luister na die liedjie op die wind en ek volg my hart waar hy gaan
Ja, ek volg my hart waar hy gaan
Jare gelede vaar ek na die vreemde met drome wat sweef op die wind
My hart se begeerte om lewensgeheime in onbekende stede te vind
My voetspore kruis kontinente en eilande, nêrens kon grense my bind
Deur kronkelende strate, oor silwer promenades soek ek na die reënboog se punt
Jakarandastrate
Roep my vanaand
Ek luister na die liedjie op die wind en ek volg my hart waar hy gaan
Ja, ek volg my hart waar hy gaan
Te lank het ek gewandel langs wildvreemde paaie, te ver het ek gesoek na die kruis
Die spore na geluk loop in sirkels en draaie en lei my weer terug na die huis