Ek En Jy

As die son sak
As die winkels sluit
As die mense huis toe loop
Die ander tuin nat spuit

As die nagskof wag
Die dagwag groet
As hy na die taxitou loop met sy plastieksakgoed
As jy wil, as jy kan, as jy sou wou, kom kuier by my

Ek en jy loop al lankal saam
Tyd stap deesdae net soos altyd aan en aan
Daar’s altyd verandering
Daar’s altyd vir altyd
So daar’s nie verskonings nie, jy weet mos hoe dit is met

Ek en jy
Ek en jy
Ek en jy
Ek en jy

Bly net om die hoek
Werk ons altwee dood
Jy’t net so min tyd soos ek, jy wil verdwyn, ek ook
Jy weet jy kan, jy weet jy is altyd welkom hier, kom kuier by my

Ek en jy loop al lankal saam
Tyd stap deesdae net soos altyd aan en aan
Daar’s altyd verandering
Daar’s altyd vir altyd
So daar’s nie verskonings nie, jy weet mos hoe dit is met

Ek en jy
Ek en jy
Ek en jy
Ek en jy

Saam jaag ons agter die wind aan elke liewe dag
Saans is daar ’n amper tevrede engel wat vir ons lag
Ons was nooit so nie

Ek en jy loop al lankal saam
Tyd stap deesdae net soos altyd aan en aan
Daar’s altyd verandering
Daar’s altyd vir altyd
So daar’s nie verskonings nie, jy weet mos hoe dit is met

Ek en jy loop al lankal saam
As jy weer kyk, vlieg tyd na die maan

Curiosità sulla canzone Ek En Jy di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “Ek En Jy” di Laurika Rauch?
La canzone Ek En Jy è stata rilasciata nel 2002, nell’album “Vier Seisoene Kind”.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music