Die Nostalgie

Kom sit styf hier teen my jou kop agteroor
Hoor jy hoe sag val die reën?
Die dag is verby nog 'n week nog 'n maand
Waar loop die tyd met ons heen?

Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap?
En sou jy my fliek toe vra
Dan moes ons jou tjor aan die brand kry ek en jy
Ja dit was die goeie ou dae

My held was Elvis my Elvis my Heartbreak Hotel
Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel
Kom ons klink 'n rooi glasie wyn op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie

Die kiekies is dof die album vol stof
Kyk hier bak ma haar beskuit
Daar stamp Stephanus vir Mien in die dam
O hoor jy die wind teen die ruit?

Die kindergesiggies die sterre se liggies
Laat jou van voor af onthou
Ou vriende is dood die kleinspan word groot
Kyk net waar staan ons nou

Draai weer daai Rambling Roseplaat van Nat the King Cole
En Your Cheating Heart en He'll Have To Go
Kom ons ruil vandag se rumoer vir 'n outydse toer
En gee ons oor aan die nostalgie

Onthou jy die saam besluit?
Liefde had geen perke
Saam veg teen die steiltes uit
Hier staan ons nou
Sterker en sterker

Elvis my Elvis my Heartbreak Hotel
Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel
Kom ons klink 'n rooi glasie wyn op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie

O Elvis my Elvis my Heartbreak Hotel
Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel
Kom ons klink 'n klein glasie wyn op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie

En gee ons oor aan die nostalgie
Elvis my Elvis my Heartbreak Hotel
Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel

Curiosità sulla canzone Die Nostalgie di Laurika Rauch

In quali album è stata rilasciata la canzone “Die Nostalgie” di Laurika Rauch?
Laurika Rauch ha rilasciato la canzone negli album “Hart en See”, “19 Treffers van 21 jaar” nel 1999, e “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” nel 2011.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music