Deur Die Oë Van ‘N Kind

Deur die oë van ‘n kind is die wêreld geel, ’n strand waarop ons uitgelate speel
Ek duik jou, jy val, ons slaan vuis oor ’n bal,ek huil nie te veel nie, die wêreld is heel

Deur die oë van ‘n kind is die wêreld groen, want pappa is hier, hy kan alles doen
Jy glo wat hy sê, jy kan kry wat jy wil hê in ruil vir ’n taai klapsoen

Sien ’n reënboog in droë woestyn
’n Glimlag wat breek deur die pyn
Jy vra waar’s die hoop en ek wys jou die son wat die oë van ’n kind sien skyn

Deur die oë van ’n kind is die wêreld rooi en gister se einas ver weggegooi
As Kersvader klim by die skoorsteen in dan toor hy die lewe mooi

Selfs die donkerste nag sien ’n kind as blou en swartsteenkoolgrys sien hy effens grou
Want wie’s dan nou bang vir goed wat jou kan vang as pappa jou styf vashou!

Sien ’n reënboog in droë woestyn
’n Glimlag wat breek deur die pyn
Jy vra waar’s die hoop en ek wys jou die son wat die oë van ’n kind sien skyn

Ek’s bang vir die kraai wat die tyding bring, maar kinders kyk oor hom, hoor engele sing
Ek wens ek kan reis op die gisterwind om weer te kan sien soos ’n kind (Weer te kan sien soos 'n kind)

Om weer te kan sien soos ’n kind (Weer te kan sien soos 'n kind)
Om weer te kan sien soos ’n kind

Sien ’n reënboog in droë woestyn
’n Glimlag wat breek deur die pyn
Jy vra waar’s die hoop en ek wys jou die son wat die oë van ’n kind sien skyn

Sien ’n reënboog in droë woestyn
’n Glimlag wat breek deur die pyn
Jy vra waar’s die hoop en ek wys jou die son wat die oë van ’n kind sien skyn

Wat die oë van ’n kind sien skyn
Wat die oë van ’n kind sien skyn

Curiosità sulla canzone Deur Die Oë Van ‘N Kind di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “Deur Die Oë Van ‘N Kind” di Laurika Rauch?
La canzone Deur Die Oë Van ‘N Kind è stata rilasciata nel 2002, nell’album “Vier Seisoene Kind”.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music