Blou

ANDRE SWIEGERS

As die skemer kom en hy vang my by jou en hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan hoe ek sou voel, wie sou verstaan
Oral om, om my heen is dit blou, want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees vanaand

Tyd en plek bepaal wat gebeur, niemand kan dit keer nie
Sê my wat’s reg en wat is verkeerd, wie sou bepaal
Oral om, om my heen is dit blou, ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees vanaand

Alles is blou
Alles is blou
Blou is die wolke, blou is die maan, blou is die venster waarby ek staan
Blou is my hart en blou my gedagtes, blou om my heen

Alles is blou
Alles is blou
Alles is blou
Alles oor jou

As die skemer kom en hy vang my by jou en hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan hoe ek sou voel, wie sou verstaan
Oral om, om my heen is dit blou want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees vanaand

Curiosità sulla canzone Blou di Laurika Rauch

In quali album è stata rilasciata la canzone “Blou” di Laurika Rauch?
Laurika Rauch ha rilasciato la canzone negli album “19 Treffers van 21 jaar” nel 1999 e “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” nel 2011.
Chi ha composto la canzone “Blou” di di Laurika Rauch?
La canzone “Blou” di di Laurika Rauch è stata composta da ANDRE SWIEGERS.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music