Wolkkombers

Juanita du Plessis

Is dit dan hoe dit eindig
Het ons niks meer vir mekaar te sê?
Na soveel jare saam

Jy bou jou hart se mure
Maar ek is nie meer deel daarvan
Sien jy my buite staan?

Want jy los my in die vêrte
Waar die stof soos ‘n wolkkombers oor my kom lê
My hart roep in die stilte
Waar is dit wat ons verloor het
Sou dit help as ons gepraat het?
Jy los my in die vêrte
Hoekom nou hoekom nou hoekom nou?

Ons lewe al lankal verby mekaar
Al die tekens was die heeltyd daar
Of was ons net te blind?
Ek wonder as ons als oor kon kry
Sou ons dinge dalk anders doen
Sal ons mekaar weer vind?

Want jy los my in die vêrte
Waar die stof soos ‘n wolkkombers oor my kom lê
En my hart roep in die stilte
Waar is dit wat ons verloor het
Sou dit help as ons gepraat het?
Jy los my in die vêrte
Hoekom nou hoekom nou hoekom nou?

Is dit dan hoe dit eindig
Het ons niks meer vir mekaar te sê?

Jy los my in die vêrte
Waar die stof soos ‘n wolkkombers oor my kom lê
En my hart roep in die stilte
Waar is dit wat ons verloor het
Sou dit help as ons gepraat het?
Jy los my in die vêrte
Hoekom nou hoekom nou hoekom nou?

Curiosità sulla canzone Wolkkombers di Juanita du Plessis

Quando è stata rilasciata la canzone “Wolkkombers” di Juanita du Plessis?
La canzone Wolkkombers è stata rilasciata nel 2011, nell’album “Engel Van My Hart”.

Canzoni più popolari di Juanita du Plessis

Altri artisti di Country pop