Partykeer
Al het ek jou verloor
Asof ek jou kon hou
Is jy bedoel vir my
Terwyl jy net soos mis voor die oggend son
Verdwyn
En hoe gaan ons kan weet
Wanneer die einde kom
Hoe kan ek vergeet
Die eerste dag toe jy, jou hand uit hou vir my
Is verby
Partykeer breek jou hart en
Partykeer breek jou vlerke
Partykeer gly jou hand en
Sny jy dieper as wat jy wou
Partykeer werk dit uit en
Partykeer breek jy alles
Partygoed praat jy uit en
Partykeer bly jy stil
Ons paaie het verdeel
En wat doen ons dan nou
Daai eerste kinder liefde waar ek gevoel het nou
Voel ek nog steeds vir jou
Vir jou
Al is jy elders nou
Is ons nog steeds net ek
Maar jy is nog steeds alles
Alles van my, jy is
Steeds in elke plek
In elke plek
Partykeer breek jou hart en
Partykeer breek jou vlerke
Partykeer gly jou hand en
Sny jy dieper as wat jy wou
Partykeer werk dit uit en
Partykeer breek jy alles
Partygoed praat jy uit en
Partykeer bly jy stil
Al het ek jou verloor
Asof ek jou kon hou
Is jy bedoel vir my
Terwyl jy net soos mis voor die oggend son
Verdwyn
Verdwyn