Sweef Soos 'n Arend

Mynie Grové

Sag, sag blink jou oë
Uit jou gesig
Gloei liefdeslig
Knus
Knus in my arms
Heilig
Veilig
Warm

Ek het jou nodig
Hier by my heeldag
Die wêreld oorbodig
Ons twee 'n taakmag
Niks kan ons keer
Hy's in beheer
Hy's ons liedsman
Stuurman
Weerman

Sweef soos 'n arend
Want Sy liefde dra ons so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend
So vêr soos die wind waai my lief
In die Here se krag

Sprei
Sprei maar jou vlerke
Daar's steeds 'n band
Van hand na hand
Maak, maak my jou toevlug
Roep my
Soek my
Spoedig

Saam is ons alles
Leef ons uitbundig
In dit wat bedoel is
Gee ons ons beste
Niks kan ons keer
Want Hy's in beheer
Hy's ons leidsman
Stuurman
Weerman

Sweef soos 'n arend
Want Sy liefde dra ons so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend
So vêr soos die wind waai my lief
In die Here se krag

Sweef soos 'n arend
Want Sy liefde dra ons so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend
So vêr soos die wind waai my lief
In die Here se krag

Curiosità sulla canzone Sweef Soos 'n Arend di Juanita du Plessis

In quali album è stata rilasciata la canzone “Sweef Soos 'n Arend” di Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis ha rilasciato la canzone negli album “Altyd Daar” nel 2004 e “Altyd Daar: Gospel Album Vol. 1” nel 2004.
Chi ha composto la canzone “Sweef Soos 'n Arend” di di Juanita du Plessis?
La canzone “Sweef Soos 'n Arend” di di Juanita du Plessis è stata composta da Mynie Grové.

Canzoni più popolari di Juanita du Plessis

Altri artisti di Country pop