Sterreveld-Serenade
Donker nag
Dit is al wat jy kan sien
Voor jou oë is daar net niks
Dis 'n nag
Kombers
Jy moet wag
Daar is meer as wat jy sien
Soveel meer as wat jy weet
Is hier rondom jou
Dis my stêrreveld
Se liefde serenade
Soos diamante bo die donker
Met liggies wat daar skyn
Dis my stêrreveld
Se liefde serenade
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my
So kyk nou op
En sê my wat jy sien
As die stêrreveld
Se serenade jou naam
Nou roep
Ek sal jou dra
Soos vlerke teen die wind
Sal ons sweef en kan ons trug kyk
En kan ons liefde vind
Dis my stêrreveld
Se liefde serenade
Soos diamante bo die donker
En liggies wat daar skyn
Dis my stêrreveld
Se liefde serenade
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my
Bo die hartseer
Wat jou glimlag soms kom steel
Sal die eenvoud van my serenade
Jou hart se vlerke streel
Dis my stêrreveld
Se liefde serenade
Soos diamante bo die donker
Met liggies wat daar skyn
Dis my stêrreveld
Se liefde serenade
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my
Oohooo
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my