Kyk Die Lewe In Die Oë

Juanita Du Plessis

Mmmm
Is dit donker om jou
Het jy moed verloor
Het die swaard van seerkry
Jou hart deurboor (deurboor)
Het die gee en die vat van die lewe
Jou moeggemaak
En het die winterkoue in jou hart
Kom bly

Het jy vergeet hoe dit voel
Om te glimlag (Glimlag)
Het jy vergeet daar's tog 'n lig
In elke nag

Tel op jou oë
Op na bo
Tel op jou kop
Kom staan nou op!

Daar's 'n plek in die son vir jou
In hierdie wêreld
Daar's 'n doel en 'n rede
Hoekom jy nou hier is
Gaan haal jou drome
En maak dit joune
As jy daarin glo
In jouself kan glo
Tel op jou kop
En kyk die lewe in die oë

Jy weet, as jy afval
Kan jy weer opklim
En as jy onder is
Kan jy weer oor begin
Elke storm wat jy oorleef
Maak jou sterker
En alles wat kon gewees het
Is verby
Moenie terugkyk nie
Moenie omkyk nie!

Daar's 'n plek in die son vir jou
In hierdie wêreld
Daar's 'n doel en 'n rede hoekom
Jy nou hier is
Gaan haal jou drome
En maak dit joune
As jy daarin glo
In jouself kan glo

Diep in jouself
Is iemand wat kan aanhou
Iemand wat jou vertroos
En jou sal vashou (Vashou)
Draai jou nat oë uit by jou ruite
Sien die warm van die son se strale buite

Tel op jou oë
Op na bo
En kyk die lewe in die oë
Kyk die lewe in die oë
Mmmm, kyk die lewe in die oë
Tel op jou kop
En kyk die lewe in die oë

Curiosità sulla canzone Kyk Die Lewe In Die Oë di Juanita du Plessis

In quali album è stata rilasciata la canzone “Kyk Die Lewe In Die Oë” di Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis ha rilasciato la canzone negli album “10 Jaar - Platinum Treffers” nel 2010 e “Bly By My” nel 2010.
Chi ha composto la canzone “Kyk Die Lewe In Die Oë” di di Juanita du Plessis?
La canzone “Kyk Die Lewe In Die Oë” di di Juanita du Plessis è stata composta da Juanita Du Plessis.

Canzoni più popolari di Juanita du Plessis

Altri artisti di Country pop