Keuses

Dis lig of dis donker
Dis met of dis sonder
Dis goed of dis sleg
Dis verkeerd of dis reg

Dis nooit of dis altyd
Dis nou of dis wawyd
Dis later of nou
Stadig of gou
Dis krom of dis reguit
Dis deel van die lewe

Een, twee, drie dis tyd om te kies
Maak toe my oë vertrou en bly glo
Vergeet van dit wat voorlê
Gooi weg my vrese

Dit of dat
Mag ek my tyd vat?
Wil dit vermy, dit knou aan my
Oorweldig en verward
Deur al my keuses

Dis toe of dis oop-oop
Dis onder of heelbo
Dis ek of dis sy
Dis hy of dis jy

Dis passie of denke
Geen raad of met wenke
Dis swart of dis wit
Dis minder of meer
Dis winter of lente
Dis deel van die lewe

Een, twee, drie dis tyd om te kies
Maak toe my oë vertrou en bly glo
Vergeet van dit wat voorlê
Gooi weg my vrese

Dit of dat
Mag ek my tyd vat
Wil dit vermy, dit knou aan my
Oorweldig en verward
Deur al my keuses

Ek moet kies
Ek wil nie
Dit wag vir my

Ek moet kies
Ek wil nie
Dit gaan my nog kry
(Dis deel van die lewe)

Een, twee, drie dis tyd om te kies
Maak toe my oë vertrou en bly glo
Vergeet van dit wat voorlê
Gooi weg my vrese

Dit of dat
Mag ek my tyd vat
Wil dit vermy, dit knou aan my
Oorweldig en verward
Deur al my keuses
Een, twee, drie

Curiosità sulla canzone Keuses di Juanita du Plessis

Quando è stata rilasciata la canzone “Keuses” di Juanita du Plessis?
La canzone Keuses è stata rilasciata nel 2012, nell’album “Jy voltooi my”.

Canzoni più popolari di Juanita du Plessis

Altri artisti di Country pop