Ek Is Jammer

Juanita Du Plessis

Ek vra myself
Hoekom ek jou seermaak?
En hoekom ek jou nooit sê
Hoe ek voel nie

Dan hoop ek weer
Tyd sal alles regmaak
Maar ek besef nooit al die skade
Wat ek doen nie

My woorde laat jou vlug
Jaag jou weg
Die donker in
Die donker in

Mag die stilte van die nag
Jou stewig vashou
En die strale van die maan
Die koue weg hou

Mag die leemte in my hart
Jou koers verander
As die wind my woorde saam dra
Ek is jammer

Ek wens jy was nou hier
Dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou hier langs
My wil hê (Langs my wil hê)
Ek is jammer

My bed is koud
My hart is leeg gehuil (Gehuil, gehuil, gehuil)
Ek mis jou lyf
Jou arms om my te troos

My gedagtes soek verskoning
Maar dis woordeloos
Ek sal alles wat ek het
Vanaand vir jou verruil

Sal die eggos
Van my roepstem jou bereik?
Om terug te kom
Om terug te kom

Mag die stilte van die nag
Jou stewig vashou
En die strale van die maan
Die koue weg hou

Mag die leemte in my hart
Jou koers verander
As die wind my woorde saam dra
Ek is jammer

Ek wens jy was nou hier
Dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou hier
By my wil hê (By my wil hê)

Mag die stilte van die nag
Jou stewig vashou
En die strale van die maan
Die koue weg hou

Mag die leemte in my hart
Jou koers verander
As die wind my woorde saam dra
Ek is jammer

Ek wens jy was nou hier
Dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou
Hier langs my wil hê (Langs my wil hê)

Ek is jammer
Ek is jammer
Ek is jammer

Curiosità sulla canzone Ek Is Jammer di Juanita du Plessis

Quando è stata rilasciata la canzone “Ek Is Jammer” di Juanita du Plessis?
La canzone Ek Is Jammer è stata rilasciata nel 2006, nell’album “Jou Skaduwee”.
Chi ha composto la canzone “Ek Is Jammer” di di Juanita du Plessis?
La canzone “Ek Is Jammer” di di Juanita du Plessis è stata composta da Juanita Du Plessis.

Canzoni più popolari di Juanita du Plessis

Altri artisti di Country pop