Dis Net Jy
Ek weet ek sê dit dalk te min
En ek hoop jy kan my hoor
Want jy's my einde, my begin
En ek wil jou nooit verloor
Die geur van liefde om jou
En jou woorde wat my dra in elke dag
Jou hande wat my toevou
En die ritme van jou hartklop in die nag
Dis net jy
Wat fluister in my drome, dis net jy
Hier sonder jou verlore dis jy, altyd jy in my hart
Vir ewig sal net jy in my bly
Want dis net jy
Ek weet hoe min my woorde sê
Maar dis jy wat my verstaan
En jy weet hoe diep my liefde lê
Jy's deel van my bestaan
Jou stem, jou oë, jou glimlag
Hier in my elke oomblik van die dag
Vir al ons toekomsdrome
Kan ons hier in mekaar se arms wag
Dis net jy
Wat fluister in my drome, dis net jy
Hier sonder jou verlore dis jy, altyd jy in my hart
Vir ewig sal net jy in my bly
Dis net jy
Wat fluister in my drome, dis net jy
Hier sonder jou verlore dis jy, altyd jy in my hart
Vir ewig sal net jy in my bly
Want dis net jy
Oe dis net jy
Dis net jy