Die Fiets

Juanita Du Plessis

Ek was klein gewees ek onthou nog
Dit was 'n groot geskenk vir my
Dit was my sesde Kersfees
Ek het my eerste fiets gekry

My vreugde onbeskryflik
Maar tog die vrees diep binne my
Sou ek my pa kon trots maak
Sou ek op hierdie fiets kon ry

Maar dis so woorde
Wat ek vandag nogsteeds onthou
Want elke keer toe my voete gly
Was sy hande onder my

En hy't gesê
Ek sal jou nooit los nie
Jy is myne
Maak nie saak
Wat dit kos nie
Ek sal My lewe gee vir jou

En jou nooit verlaat nie
Vertrou my
Moenie bang wees nie
Ek is hier reg langs jou
Ek sal jou nooit los nie
Ek sal jou hand nooit los nie

My pa se dood was skielik
Die lewe was vir my verby
Maar eendag op my knieë in 'n donker uur
Het ek my Hemelse Pa
In my hart gekry

My vreugde onbeskryflik
En soveel vrede binne my
Dat ek my Pa sou trots maak
Op die regte pad sal bly

Dis Sy genade
Wat my vandag nog staande hou
Want elke keer as my voete gly
Is Sy hande onder my

En ek hoor hom sê
Ek sal jou nooit los nie
Jy is myne
Maak nie saak
Wat dit kos nie
Ek het My lewe gegee vir jou

Ek sal jou nooit verlaat nie
Vertrou My
Moenie bang wees nie
Ek is hier reg langs jou

As jy bang is
Is Ek by jou
Langs jou, om jou
Want jy behoort aan My

Ek sal jou nooit los nie
Jy is myne
Maak nie saak
Wat dit kos nie
Ek het My lewe gegee vir jou

Ek sal jou nooit verlaat nie
Vertrou My
Moenie bang wees nie
Ek is hier reg langs jou

Ek sal jou nooit los nie
Ek sal jou hand nooit los nie
Ek sal jou nooit los nie
Ek sal jou hand nooit los nie

Curiosità sulla canzone Die Fiets di Juanita du Plessis

In quali album è stata rilasciata la canzone “Die Fiets” di Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis ha rilasciato la canzone negli album “Wees Lig” e “Wees Lig” nel 2011.
Chi ha composto la canzone “Die Fiets” di di Juanita du Plessis?
La canzone “Die Fiets” di di Juanita du Plessis è stata composta da Juanita Du Plessis.

Canzoni più popolari di Juanita du Plessis

Altri artisti di Country pop