Opsoek Na Liefde
Dis lig maar dit voel donker my kop heel deurmekaar
Ons hou vas aan die oomblik ons voel ons is nog daar
Ek voel soms so verlore sal ons weer vrede vind
Ek hoor jou deur die skare ek voel jou in die wind
En soos die son sak is daar ander wat alleen lê
Ons sit saam en praat oor seerkry en haat en wat ons wil hê
Want ons is 'n groep eensame harte opsoek na liefde ons mis daai vreugde
Die dae sonder trane op ons gesigte ons mis daai vreugde opsoek na liefde
Opsoek na liefde
Ek wandel deur die woude gedagtes van mekaar
Dis alles nou in vlamme wat was is dood verklaar
Daar's altyd wanpersepsies wat mense dink hulle weet
Wat tussen ons gebeur het maar ek sal nooit vergeet
Verby middernag is daar ander wat nog seer het
Ons praat met mekaar ons seerkry en haat ons wil meer hê
Want ons is 'n groep eensame harte opsoek na liefde ons mis daai vreugde
Die dae sonder trane op ons gesigte ons mis daai vreugde opsoek na liefde
Opsoek na liefde
Ons mis daai vreugde opsoek na liefde
Opsoek na liefde
Want ons is 'n groep eensame harte opsoek na liefde ons mis daai vreugde
Die dae sonder trane op ons gesigte ons mis daai vreugde opsoek na liefde
Opsoek na liefde
Ons soek daai vreugde opsoek na liefde