Vier Seisoene Kind [Live]

GIAN GROEN

Sy roep my in die rigting van haar hart
Waar die winter vure brand
En die nagte vir die somer lê en wag

Sy giet haar trane oor die see
Sy stuur haar woorde met die wind
Na die strande van lank vergete smart

Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
Kyk, jou oseaan is kalm

En vier seisoene kind
Vier seisoene kind
Stuur my nog 'n poskaart met die wind

Sy maak vir my 'n painting van die herfs
As die akkerbome rus
Met die wolke soos vlamme oor ons waai

Sy gee vir my 'n soet September geur
Soos die Boland lê en bloei
Met die somer wat klop hier aan my deur

En vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor?
En vier seisoene kind met die liefde in jou palm
Kyk, jou oseaan is kalm

En vier seisoene kind
Vier seisoene kind
Stuur my nog 'n poskaart met die wind

Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
Kyk, jou oseaan is kalm

En vier seisoene kind vier seisoene kind
Stuur my nog 'n poskaart met die wind

Stuur my nog 'n poskaart
Met die wind

Canzoni più popolari di Ivan Roux

Altri artisti di Urban pop music