Uit Die Oorvloed Van My Hart
Jy lief, is net te mooi, te mooi vir woorde wat ek aan mekaar kan gooi
Ek is stom geslaan, net om ingesluk, net hier waar ek staan
Maar jy moet verstaan
Uit die holtes van my hart
Vloei strome van bewondering, reguit na jou hart toe
Uit die store van my siel
Vloei ongeskonde passie, gemik op jou groot hartjie
Uit die oorvloed van my hart
Jy is 'n misterie, 'n raaisel wat ek nie kan uitlê nie
Ek is soos 'n speurder, warm op die spoor en dit dan weer verloor
Maar hoor net my koor
Uit die holtes van my hart
Vloei strome van bewondering, reguit na jou hart toe
Uit die store van my siel
Vloei ongeskonde passie, gemik op jou groot hartjie
Uit die oorvloed van my hart
Ek wil als met jou deel
Jy het die sleutels kom steel
En my oë oopgesluit vir jou