Jy Gee My Butterflies
Onregverdig, waar kom jy vandaan?
Hoe's dit moontlik dat jy voor my staan?
Hoe doen jy dit, ek's omkant gevang
En skielik snak ek na my asem as ek oor my woorde val
Onweerstaanbaar, maak my knieë lam
Is jy single, katjie van die baan?
Jy kyk deur my, ek vergeet my naam
En skielik snak ek na my asem as ek oor my woorde vir jou val
Jy gee my butterflies, jy keer my wêreld om
En my hart klop vinnig, my kop draai
So lekker om lief te hê ek voel ek moet vir jou sê
Want jy, jy gee vir my, jy gee vir my butterflies
Onvermeidelik, wie is in beheer?
Onbeskryflik, hierdie atmosfeer
Dis net menslik, ek het als probeer
En skielik snak ek na my asem as ek oor my woorde vir jou val
Jy gee my butterflies, jy keer my wêreld om
En my hart klop vinnig, my kop draai
So lekker om lief te hê ek voel ek moet vir jou sê
Want jy, jy gee vir my, jy gee vir my butterflies
Die kollig val op ons, my kans gekry
Perfekte harmonieë, die res verdwyn
En ek hoor hoe jy vlitterig fluister en sê
Jy gee my butterflies, jy keer my wêreld om
En my hart klop vinnig, my kop draai
So lekker om lief te hê ek voel ek moet vir jou sê
Want jy, jy gee vir my, jy gee vir my butterflies
Jy gee my butterflies, jy keer my wêreld om
En my hart klop vinnig, my kop draai
So lekker om lief te hê ek voel ek moet vir jou sê
Want jy, jy gee vir my, jy gee vir my butterflies
Jy, jy gee vir my, jy gee vir my butterflies