Duitswes Wals (Dans Met Die Rooirok)

Duitswes is lekker, Duitswes is goed
Duitswes is vol van die boertjie se bloed
Al trek ons sonder water al trek ons sonder kos
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos

Dans met die rooi rok, die hartlam van my
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, haai haai
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die mooi rok wat waai

Ons kommandantjie is 'n klein Joubert
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver
Hy trek deur die bosrand met 'n groot gevaar
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar

Dans met die rooi rok, die hartlam van my
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die mooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, haai, haai
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die mooi rok wat swaai

Klein kommandantjie en 'n groot generaal
Hul trek met ons daar deur ou ver Wes Transvaal
Dan drink ons 'n sopie en dan gaan ons weer weg
Dan gaan ons so moedig teen die platpote veg

Dans met die rooi rok, die hartlam van my
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die mooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, haai, haai
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die mooi rok wat waai

My diertjie die huil nou, haar hartjie die blus
Haar soetlief nie hier nie maar ver in Duitswes
Duitswes word donker, Duitswes word goed
Duitswes word donker van die German se bloed

Dans met die rooi rok, die hartlam van my
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, haai, haai
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die mooi rok wat waai

Dans met die rooi rok, die hartlam van my
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, haai, haai
Dis die mooi rok, dis die rooi rok, dis die rooi rok wat waai

Canzoni più popolari di Gerrie Pretorius

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)