Op Die Vlerk Van 'n Spierwit Duif

Ek was so bang
Om van jou af weg te gaan
Jy is 'n deel
Van my lewe

Nou weet ek niemand
Sal jou plek kan neem
Daar is geen ander een
Wat my liefde deel

Op die vlerk van 'n spierwit duif
Kom ek terug na jou
Op die vlerk van 'n spierwit duif
Om jou weer vas te hou

Hou nou maar op met huil
Want ek kom gou weer tuis
Kyk op na die lug
Want ek kom terug
Op die vlerk van 'n spierwit duif

Ek lees jou briewe
Om die tyd te verwyl
Ek noem jou naam
In my drome

In my gedagtes
Skryf ek ook 'n brief
Ek wil aan jou vertel
Ek het jou so lief

Op vlerk van 'n spierwit duif
Kom ek terug na jou
Op die vlerk van 'n spierwit duif
Om jou weer vas te hou

Hou nou maar op met huil
Want ek kom gou weer tuis
Kyk op na die lug
Want ek kom terug
Op die vlerk van 'n spierwit duif

Ek dink aan soentjies
Wat ons twee weer kan steel
Ons twee tesaame
Vir ewig

So hou nou maar op met huil
Want ek is gou weer tuis
Kyk op na die lug
Want ek kom terug
Op die vlerk van 'n spierwit duif

So hou nou maar op met huil
Want ek is gou weer tuis
Kyk op na die lug
Want ek kom terug
Op die vlerk van 'n spierwit duif

Canzoni più popolari di Gerrie Pretorius

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)