Jy's die lig
Ek het seer gekry
Te lank gebly
Op die pad van hartseer aan gery
Ek was bang gewees
Om myself te wees
Het gelewe in smart en vrees
Maar op my pad het jy gekruis
My weer die regte roete gewys
Jy't my weer kom wys wat liefde is
My hart laat rus
Op 'n plek waar ek die vrede in my voel
En as ek weer in die donker moet loop
Bly jy my hoop
Jy's die lig wat my lei
Dis verlede daai
Maar ek hou aan blaai
Ek wens die wind kon dit wegwaai
Ek was deurmekaar
Het gedink dis klaar
Ek wens jy was toe al daar