Gee Die Beker
Hoe kan ek net sit en kyk
As ek sien hoe dit om jou lyk
Hoe jy jou kop so hard bly stamp en hoe die hoop in jou siel verdamp
Hierdie hart van my breek
Kan ek vurigheid in jou aansteek
Jy gaan sien jy sal bo uitkom waar jy geplant is moet jy aanhou blom
Ek is hier ek luister na jou hart
Hoe kan ek jou seer wegvat
Gee die beker maar vir my stuur dit by jou verby hierdie arms sal jou nooit verlaat
Maar ek weet jy is ook sterk genoeg
Ek verstaan jy raak ook somtyds moeg
Ek is langs jou as jy val ek sal die pleisters weer gaan haal om jou wonde toe te maak
Ek bly altyd lief vir jou
Ek sal my arms om jou bly vou
Hoekom is dit dan so moeilik om by jou regte gevoelens uit te kom