Leja [Live]
Leja, ek weet nie meer of ek jou hieruit
Gaan kan sien nie
Sal ek ooit genoeg geld kan verdien, die nag
Is koud
In die winter
In die winter
En toe ek jou
Gesien het vir die eerste keer
Leja, ek kan nie meer
Onthou hoe dit gevoel het nie
Die paaie
Bly nat
In die winter
In jou ma se oë ons was tieners, ons kon glo
In die dinge daarbo
In jou ma se oë wou ek sien en wou ek glo
Maar tye het verander, en ons raak nie jonger nie
Ek kan nie eers meer byhou nie
Ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome
Op die gras, op die gras
Leja, is hoe dit was, soos dit was, soos dit was
Dan sal ons kan, Leja
Maar jy's nou net
Die pen op 'n servet wat ek alweer, alweer
Iewers moes vergeet het
Die onoorspronklikheid
Nes afgeleide selfverwyt
Het ek myself hier uit
Uit hierdie storie uitgeskryf