Spel Van Liefde

Skoenlappers voor ons begin
Voor ons selfs weet wat ons voel
Wie weet wat nog op ons wag?
Wie weet wat’s vir ons bedoel?

En my hart klop in my keel
Want wat ek voel is net te veel te gou
Moet ek dalk wag voor ek dit deel met jou?

Ons speel die spel van liefde
Die spel waarin ons albei wen
Waar die punte nie tel nie
En al reëls wat geld is die wat geskryf is met my hart se pen
In die spel van liefde

Elkeen van ons kry ‘n beurt om al ons kaarte te wys
Dis moeilik om oop te speel
Want dit kom soms met ‘n prys

Maar dis wat jy maak met my hart
Wat maak dat ek dit net met jou wil deel
Dat ek die lewe saam met jou wil speel

Ons speel die spel van liefde
Die spel waarin ons albei wen
Waar die punte nie tel nie
En al reëls wat geld is die wat geskryf is met my hart se pen

Ons sien saam die einde
Die einde wat ons harte bind
Want die doel uit die stywe
Elke struikleblok duidelik net die liefde wat ons saam sal vind
In die spel van liefde

En as jy voel dat die spel jou onderkry
Gee my jou hand ek sal jou na die einde lei

Ons speel die spel van liefde
Die spel waarin ons albei wen
Waar die punte nie tel nie
En al reëls wat geld is die wat geskryf is met my hart se pen

Ons sien saam die einde
Die einde wat ons harte bind (Wat ons harte bind)
Want die doel uit die stywe
Elke struikleblok duidelik net die liefde wat ons saam sal vind
In die spel van liefde

Canzoni più popolari di Cordelia

Altri artisti di Dance pop