Hier By My
Ek staan hier en wag vir 'n rukkie
Mis al jou warm drukkies, dis jy alleen wat my weer heel kan maak
Vir 'n oomblik als vergete
Vir 'n oomblik net die wete dat ek en jy nooit weer sal kan praat
Ek wou so baie vir jou sê
Net nog 'n rukkie by jou lê
Saggies val die reën op my
Soos trane op my wang
Ek wens jy kon vir altyd bly
Die donker maak my bang
Dit voel of ek alleen bestaan
Daar's niemand meer vir my
Saggies bly die reën nou val wat sê dis jy
Ek sien hoe jy daar stil lê
Ek wil jou nog by my hê, dis jy alleen wat my weer heel kan maak
Vir 'n oomblik als vergete
Vir 'n oomblik net die wete dat ek en jy nooit weer sal kan praat
Ek wou so baie vir jou sê
Saggies val die reën op my
Soos trane op my wang
Ek wens jy kon vir altyd bly
Die donker maak my bang
Dit voel of ek alleen bestaan
Daar's niemand meer vir my
Saggies bly die reën nou val wat sê dis jy
Hoe kan ons tyd weer terug draai?
Ek wil jou vashou
Vir altyd hier en nou
Jou koue lyf net toe draai
Jou hier by my hou
Saggies val die reën op my
Soos trane op my wang
Ek wens jy kon vir altyd bly
Die donker maak my bang
Dit voel of ek alleen bestaan
Daar's niemand meer vir my
Saggies bly die reën nou val wat sê dis jy
Hier by my