Die Rede

Dis vroeg in die môre ek staan voor die ruit
Die son wat so stadig die berge oorkruip
En ek mis jou, ek wens jy was nou hier

‘n Dag sonder jou soos ‘n leeftyd vir my
Ek tel die minute elke uur gaan verby
En ek mis jou, ek wens jy was nou hier
Ek kan nie asem haal nie sonder jou

Jy’s vir my die rede hoekom ek hier staan
Jy’s vir my die rede hoekom ek verlang
Ek kan nie sonder jou, ek wil nie sonder jou vanaand

Jy’s die een wat alles vir my reg kan maak
Jy’s die een langs wie ek aan die slaap wil raak

Ek sien jou later jou boodskap aan my
Die pad weer so besig ek sal vinniger ry
En ek mis jou, ek wens jy was nou hier

Ek tel die minute elke uur gaan verby
Ek weet jy is naby, jy is naby aan my
En ek mis jou, ek wens jy was nou hier
Ek kan nie asem haal nie sonder jou

Jy’s vir my die rede hoekom ek hier staan
Jy’s vir my die rede hoekom ek verlang
Ek kan nie sonder jou, ek wil nie sonder jou vanaand

Jy’s die een wat alles vir my reg kan maak
Jy’s die een langs wie ek aan die slaap wil raak
Ek kan nie sonder jou, ek wil nie sonder jou vanaand

Ek mis jou hartklop teen myne
Ek kan nie wag om jou te sien
Wil by jou wees vanaand

Ek mis jou lyf hier teen myne
Ek kan nie wag om jou te sien
Wil by jou wees vanaand

Jy’s vir my die rede hoekom ek hier staan
Jy’s vir my die rede hoekom ek verlang
Ek kan nie sonder jou, ek wil nie sonder jou vanaand

Jy’s die een wat alles vir my reg kan maak
Jy’s die een langs wie ek aan die slaap wil raak
Ek kan nie sonder jou, ek wil nie sonder jou vanaand
Ek kan nie sonder jou, ek wil nie sonder jou vanaand

Canzoni più popolari di Cordelia

Altri artisti di Dance pop