Beloftes

In ‘n wêreld vol beloftes wil ek jou belowe
Dat jy my woord kan vat
Vir as ek sê ek gee my alles
Bedoel ek dit uit die diepte van my hart

As ek sê dat ek jou liefhet
Kan jy maar weet dis die waarheid wat ek praat
As die mense my vra of ek jou lief het
Kan ek met eerlikheid se ja

Ek belowe ek’s joune
Solank as jy my wil hê
Maak nie saak deur watse tye ons gaan nie
Sal ek dit altyd vir jou sê

My hart is joune
Sodat ons een kan raak
As jy belowe jy’s myne vir altyd
Sal ons beloftes saam kan maak

Wanneer dinge vir jou teveel raak
Wil ek belowe ek jou hand deur als sal vat
As die lewens storms erg word
Hou ek jou veilig in my hart

Ek belowe ek’s joune
Solank as jy my wil hê
Maak nie saak deur watse tye ons gaan nie
Sal ek dit altyd vir jou sê

My hart is joune
Sodat ons een kan raak
As jy belowe jy’s myne vir altyd
Sal ons beloftes saam kan maak

Ek’s joune
Belowe ek nou

My hart is joune
Sodat ons een kan raak
As jy belowe jy’s myne vir altyd
Sal ons beloftes saam kan maak

As jy belowe jy’s myne vir altyd
Sal ons beloftes saam kan maak

Canzoni più popolari di Cordelia

Altri artisti di Dance pop