As Die Hemel

Jou hande is koud, dis te laat om met jou te praat
Met alles in my vra ek God om jou wakker te maak
Ek weet waar jy is, sal jy nie wil verruil nie?
Kan jy sien hoe breek my hart, kan jy nie sien hoe ek oor jou huil nie?

As die Hemel nie so ver was nie
Was ek by jou
As die Hemel nie so ver was nie
Het ek jou vas kom hou

Ek weet die Hemel is 'n plek waar niemand weet nie
As ek nou daar kon wees
Sou ek vir jou sê ek sal jou nooit vergeet nie

Jou stem is stil en ek hoor jou nog hier by my
Elke dag sonder jou voel of die lewe my onder kry
Ek weet waar jy is, sal jy nie wil verruil nie?
Kan jy sien hoe breek my hart, kan jy nie sien hoe ek oor jou huil nie?

As die Hemel nie so ver was nie
Was ek by jou
As die Hemel nie so ver was nie
Het ek jou vas kom hou

Ek weet die Hemel is 'n plek waar niemand weet nie
As ek nou daar kon wees
Sou ek vir jou sê ek sal jou nooit vergeet nie

As die Hemel nie so ver was nie
Was ek by jou
As die Hemel nie so ver was nie
Het ek jou vas kom hou

Ek weet die Hemel, is 'n plek waar niemand weet nie
As ek nou daar kon wees
Sou ek vir jou sê ek sal jou nooit vergeet nie
As ek nou daar kon wees
Sou ek vir jou sê ek sal jou nooit vergeet nie

Canzoni più popolari di Cordelia

Altri artisti di Dance pop