Kry My In Die Middel
Probeer verstaan
Dit wat binne my aangaan
Wat woorde nie kan sê nie
Ek’s deurmekaar
Want dis jou skaduwee wat steeds hier hang
En ek jou nogsteeds verlang
Hoe kan ek jou nogsteeds verlang?
Kry my in die middel
Ek het my beste reeds gegee
Kry my in die middel
Ek vat alweer die eerste tree
Kry my in die middel
My liefde is dit werd
Om weer te probeer
Om dit te maak werk
Sal jy my kry in die middel?
Jy staan woordeloos
Maar die pyn agter jou oë
Spreek 'n duisend woorde
Ek voel al jou seer
Die vraag is voel jy hoe my hart breek?
Sien hoe dit aan my eet?
Wens net jou hart wil breek
Kry my in die middel
Ek het my beste reeds gegee
Kry my in die middel
Ek vat alweer die eerste tree
Kry my in die middel
My liefde is dit werd
Om weer te probeer
Om dit te maak werk
Sal jy my kry in die middel?
Kry my my skat in die middel
Waar ons weer kan begin bietjie nader nader
Aan wat ons saam wou wees
My skat in die middel
Waar ons weer kan begin bietjie nader nader
Aan wat ons saam wou wees
Kry my in die middel
Ek het my beste reeds gegee
Kry my in die middel
Ek vat alweer die eerste tree
Kry my in die middel
My liefde is dit werd
Om weer te probeer
Om dit te maak werk
Sal jy my kry in die middel?