Pa En Seun

Johan Vorster, Sean Else

Ek staan hier alleen langs jou graf
Wens so graag jy was nog hier
Dat ons net kon praat ons trots kon laat vaar
En ek net jou pa kon wees

Net die beste wil ek vir jou hê
Maar daai woorde was nooit net gesê
Hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min
Om weer te begin

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind?
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen

Jou woorde draai steeds in my kop
Daar’s soveel wat ek pa nog wou vra
Maar eendag moes jy ook 'n pa word my kind
En dan sou jy alles verstaan

Soos 'n pa wat sy lewe sou gee
Met die trane die seer weg sou vee
Maar hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min
En niks maak meer sin

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind?
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen

Toe in die nag het Hy jou kom haal
En in my spyt besef ek te laat
Jy't my altyd gedra
Maar ek bly nog jou pa

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
Jou het ek lewe gevind?
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen
Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun

Curiosità sulla canzone Pa En Seun di Bok Van Blerk

Quando è stata rilasciata la canzone “Pa En Seun” di Bok Van Blerk?
La canzone Pa En Seun è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Afrikanerhart”.
Chi ha composto la canzone “Pa En Seun” di di Bok Van Blerk?
La canzone “Pa En Seun” di di Bok Van Blerk è stata composta da Johan Vorster, Sean Else.

Canzoni più popolari di Bok Van Blerk

Altri artisti di Pop rock