Die Kaplyn

Tussen bosse en bome
Tussen grense wag ons almal vir môre
Maar op agtien was ons almal verlore
Hoe kan ons verstaan?

En wie weeg nou ons lewe
Want net God alleen weet waaroor ons bewe
Want op agtien wou ons almal net lewe
Net een slag toe was jou lewe verby

Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Soek jy na my?
Soek jy my nou in jou stof en jou bloed
Jy’t gesê jy hoor hoe God na jou roep
Toe’s dit als verby

Na al hierdie jare
Vêr verlore dryf ons rond in ons dade
Net soldate leef met grense se skade
Hoe kan ons verstaan

Want daai bos vreet ons spore
In die donker bos was broeders gebore
In die donker saam gebid vir 'n môre
Net een slag toe was jou lewe verby

Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Waar is jy nou?
Is jou naam dan op ons mure behou
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou

En by daai mure
Staan ek vir ure
Maar waar’s jou naam nou my vriend
Kan hul nie verstaan
Jong soldate vergaan
Sonder rede dra hulle die blaam

Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Waar is jy nou?
Is jou naam dan op ons mure behou
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou

En by daai mure
Staan ek vir ure

En by daai mure
Staan ek vir ure

Curiosità sulla canzone Die Kaplyn di Bok Van Blerk

Quando è stata rilasciata la canzone “Die Kaplyn” di Bok Van Blerk?
La canzone Die Kaplyn è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Afrikanerhart”.

Canzoni più popolari di Bok Van Blerk

Altri artisti di Pop rock