Afrikanerhart

In vuur en bloed vind ek my nou
Soos elke boer en kind en vrou
‘n Oormag kwyl nou oor ons land
Staan gewapen tot die tand

Sy skadu val ‘n donker wolk
Oor die toekoms van ons volk
En veg ons nie sal ons verdwyn
By Magersfontein
By Magersfontein
By Magersfontein
Trek ons die lyn

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur
Die khakis wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur my Afrikanerhart

As jy my vra sal ek jou sê
Hoe diep my hart se wortels lê
As jy my vra sal ek jou wys
Dis my grond hier in my vuis

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur
Die khakis wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur my Afrikanerhart

Al breek die hel hier agter ons los
En al stort die hemel neer
Hou jou lyn en staan jou man
Dis hier waar ons hul kan keer
Staan vas, staan vas (Suid-Afrika)
Staan vas, staan vas (Suid-Afrika)

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur
Die khakis wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur my Afrikanerhart

Ja, as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur my Afrikanerhart

Curiosità sulla canzone Afrikanerhart di Bok Van Blerk

Quando è stata rilasciata la canzone “Afrikanerhart” di Bok Van Blerk?
La canzone Afrikanerhart è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Afrikanerhart”.

Canzoni più popolari di Bok Van Blerk

Altri artisti di Pop rock