Vertel My

Ek wens ek kon vandag antwoorde kry
Want die vrae brand soos vuur hier binne my
Ek wens ek kon vandag die rede weet
Dan sou ek dalk 'n stukkie van dit vergeet

Want hoe kan ek aangaan?
Hoe kan ek voortgaan?
As ek dit nie weet
Want ek voel alleen hier
Ek het seer hier, dit is my donker uur

Vertel my dit sal wees
Soos ons in stories lees
Dat alles net sal uitwerk vir die goed
Vertel my dis okay, iemand is daar vir my
En eendag sal ek ook die antwoord leer
Maar vir nou het ek seer

'n Halwe woord sal ook 'n troosting gee
Want hier is ek, ek veg hier op my knieë
En wie sal ooit die regte woorde kry
Want niemand weet wat dra ek binne my

Want hoe kan ek aangaan?
Hoe kan ek voortgaan?
As ek dit nie weet
Want ek voel alleen hier
Ek het seer hier, dit is my donker uur

Vertel my dit sal wees
Soos ons in stories lees
Dat alles net sal uitwerk vir die goed
Vertel my dis okay, iemand is daar vir my
En eendag sal ek ook die antwoord leer
Maar vir nou het ek seer

Al wat ek vra is vir 'n redelike antwoord
Want ek hou aan stry teen die ongeloof
Die seer hier binne my

Vertel my dit sal wees
Soos ons in stories lees
Dat alles net sal uitwerk vir die goed
Vertel my dis okay, iemand is daar vir my
En eendag sal ek ook die antwoord leer
Maar vir nou het ek seer
Maar vir nou het ek seer
Ja vir nou het ek seer

Canzoni più popolari di Bobby Van Jaarsveld

Altri artisti di