Dis Ons Huis

Verf, verf die mure van my hart
Verf die mure van my huis
Restoreer tot jy gelukkig is (Gelukkig is, gelukkig is)
Bring, bring die blomme na my tuin
Trek die see hier naby my
Kleur dit in tot myne joune is (Joune is, joune is)

Want julle plek is hier by my
Dit maak my bang
Dit maak my bly
Breek dit af ons bou dit weer
Vir julle sal ek alles gee

Terwyl die kinders huil
Terwyl die honde blaf en die slapelose nagte wag
Terwyl dit alles om ons mal is
Het ons ook 'n kruis want dis ons huis
Ons gaan nog foute maak
Ons gaan nog baie leer
Ons gaan nog val en ons kan weer probeer
Terwyl dis alles om ons mal is
Ja my huis is nou, my kinders en my vrou

Sê, sê vir my wat jy wil hê
So lank jy altyd by my lê
Praat met my as jy my nodig het (Nodig het, nodig het)
Bou, ek bou my lewe rondom nou
As julle loop sal alles vou
Al vergeet ek alles sal ek dit onthou (Dit onthou, dit onthou)

Want julle plek is hier by my
Dit maak my bang
Dit maak my bly
Breek dit af ons bou dit weer
Vir julle sal ek alles gee

Terwyl die kinders huil
Terwyl die honde blaf en die slapelose nagte wag
Terwyl dit alles om ons mal is
Het ons ook 'n kruis want dis ons huis
Ons gaan nog foute maak
Ons gaan nog baie leer
Ons kan nog val en ons kan weer probeer
Terwyl dit alles om ons mal is
Ja my huis is nou, my kinders en my vrou

Deur die liefde deur die swaarkry
Belowe ek my tyd vir jou
Ons sal alles gee want ek weet
Ons het 'n huis op die rots gebou

So lank die kinders huil
So lank die honde blaf en die slapelose nagte wag
So lank dit alles om ons mal is
Voel ek meer as tuis, dis ons huis

Ons gaan nog foute maak
Ons gaan nog baie leer
Ons gaan nog val en ons gaan weer probeer
Terwyl dis alles om ons mal is
Ja my huis is nou, my kinders en my vrou

Terwyl dit alles om ons mal is
Ja my huis is nou, my kinders en my vrou

Curiosità sulla canzone Dis Ons Huis di Bobby Van Jaarsveld

Quando è stata rilasciata la canzone “Dis Ons Huis” di Bobby Van Jaarsveld?
La canzone Dis Ons Huis è stata rilasciata nel 2014, nell’album “Maak 'n Wens”.

Canzoni più popolari di Bobby Van Jaarsveld

Altri artisti di