Storie Van My Lewe
Wie weet
Waar die liefde lê
Net jy
Sal dit vir my kan sê
Ons weet
Van geheime bou
En ek sal
Joune altyd by my hou
Want ek
Ek ken jou al lankal
Ek lees jou soos 'n boek
Die storie van my lewe is eenvoudig maar so soet
Dit begin wanneer jy instap en eindig wanneer jy groet
Ja die storie van my lewe is eenvoudig maar so waar
Dit begin wanneer jy ja sê
En eindig wanneer jy gaan
Wie sal
Weet hoe ons nou voel?
En wie sal
Verstaan wat ek bedoel?
Ek weet
Dis niks om te vergeet
Maar van jou
Sal ek altyd wil weet
Want ek
Ek ken jou al lankal
Ek lees jou soos 'n boek
Die storie van my lewe is eenvoudig maar so soet
Dit begin wanneer jy instap en eindig wanneer jy groet
Ja die storie van my lewe is eenvoudig maar so waar
Dit begin wanneer jy ja sê
En eindig wanneer jy gaan
Jy my groet en vra, bly jy vanaand (Vanaand)
Dan hou ons by die storielyn
Net soos dit hier staan