So Klink 'n Hart

So dis hoe dit voel as ‘n hart breek
Dis hoe dit voel as hy skeer
Seerder in die regte lewe wanneer dit met jou so gebeur

So dis hoe dit voel as ek opstaan
Dis hoe dit voel as dit reën
Anders as wat ek gedink het dit sal wees so dis hoe dit voel alleen

Ek kan nie eet nie
Ek kan nie slaap nie
Ek weet nie wat om sonder jou
Sonder jou te maak nie

So klink ‘n hart wat jou verloor het
Net die klop is wat ek oor het
En ek hoop dat jy weer terug sal kom
Hoe kon ek jou verloor het?

So klink ‘n hart wat nog wil vashou
Aan dit wat was en alles van jou
En ek het probeer ek voel die seer
Vergewe my dit was die laaste keer

Ek weet hoe dit voel op daai oomblik
Want dis wat met my gebeur
Ek sien nou wat jy bedoel het as jy sê, sê ek maak jou seer

Ek kan nie eet nie
Ek kan nie slaap nie
Ek weet nie wat om sonder jou
Sonder jou te maak nie

So klink ‘n hart wat jou verloor het
Net die klop is wat ek oor het
En ek hoop dat jy weer terug sal kom
Hoe kon ek jou verloor het?

So klink ‘n hart wat nog wil vashou
Aan dit wat was en alles van jou
En ek het probeer ek voel die seer
Vergewe my dit was die laaste keer

Dis dalk die eerste keer wat my hart breek
Deur my trane het ek geleer
Ek sal alles gee om by jou te wees

So klink ‘n hart wat jou verloor het
Net die klop is wat ek oor het
En ek hoop dat jy weer terug sal kom
Hoe kon ek jou verloor het?

So klink ‘n hart wat nog wil vashou
Aan dit wat was en alles van jou
En ek het probeer ek voel die seer
Vergewe my dit was die laaste keer

En ek het probeer ek voel die seer
Vergewe my dit was die laaste keer

Canzoni più popolari di Bobby Van Jaarsveld

Altri artisti di