Kyk Waar Is Ons Nou

As ek aan jou dink raak ek weg
My oë val toe en ek word, weggevoer op vlerke
Van die wind

As ek met jou dans voel dit reg
Die sterre skiet en ons los spore op die maan
En die melkweg

Gedagtes van jou langs my maak my lui vanaand
Ek sal verewig net hier by jou wees
En met jou dans vanaand

En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Ons het so vêr gekom want almal het gesê
Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie

En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar
Nou kan niemand niks meer sê
Hulle het nooit gedink ek sal jou lief kan hê

Op hierdie oomblik voel ek jou
As jy arms om my vou en ek voel die Hemel kyk

As ek met jou dans voel dit reg
Die sterre skiet, en ons los spore op die maan
En die melkweg

Gedagtes van jou langs my maak my lui vanaand
Ek sal verewig net hier by jou wees en met jou dans vanaand

En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Ons het so vêr gekom, want almal het gesê
Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie

En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar nou kan niemand niks meer sê
Hulle het nooit gedink ek sal jou lief kan hê

Jou huis is waar jou hart is
Jou hart is hier by my
En dit sal verewig net hier bly

Kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Ons het so vêr gekom, want almal het gesê
Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie

En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar nou kan niemand niks meer sê nie
Hulle het nooit gedink ek sal jou lief kan hê

Canzoni più popolari di Bobby Van Jaarsveld

Altri artisti di