Seemeeu

Meeue oor die kaai
En die deining wieg
Soos die winde waai

Lewens vryverklaar
As die vlerke sprei
En die tyd invaar

Reise
Onbeplan
Onbewus
Van die doel daarvan

Kompas
In die hand
En 'n vasteblik
Op 'n verreland

Seemeeu neem my saam
Na waar jou reise ook heen mag gaan
Seemeeu neem my saam
Na daar waar ek vry kan asemhaal
Daar waar die leweskanse draal
Seemeeu neem my saam

Sirkels
In die son
En ek sou ook vlieg
As ek maar net kon

Drome
Is my vlug
En ek reis so vêr
Op 'n droom se rug

Seemeeu neem my saam
Na waar jou reise ook heen mag gaan
Seemeeu neem my saam
Na daar waar ek vry kan asemhaal
Daar waar die leweskanse draal
Seemeeu neem my saam

Meeue oor die kaai
En die deining wieg
Soos die winde waai

Lewens vryverklaar
As die vlerke sprei
En die tyd invaar

Seemeeu neem my saam
Seemeeu neem my saam

Curiosità sulla canzone Seemeeu di Anneli Van Rooyen

In quali album è stata rilasciata la canzone “Seemeeu” di Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen ha rilasciato la canzone negli album “Neem my saam” nel 1980 e “Treffers Op Versoek” nel 2009.

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans