Die Klein Dingetjies
Wat kan ek jou gee?
Groot woorde klink klein, ek het geen antwoord nie
Net maar my hart se geheim
Daar woon ‘n vlinder se vlerke wat dans in die lig
Die swaard en kasteel van ‘n sprokies se vlug
‘n Duif en ‘n perd om wag te hou
As ek van vooraf kon liefhê
Sou ek jou nog altyd wou hê
En ek sou steeds die klein dingetjies
Voor jou voete lê
As ek van vooraf kon liefhê
Sou ek jou hier by my wou hê
En dit bly steeds die klein dingetjies
Wat soveel meer kan sê
Al gaan soek ek ‘n son
Die sterre of maan dit gee geen antwoord nie
Ver onbereikbaar gebaan
Ek bring ‘n bergstroom se spook klip wat pas in jou hand
‘n Liedjie van skulpe en knus warm sand
‘n Druppel van dun om vas te hou
As ek van vooraf kon liefhê
Sou ek jou nog altyd wou hê
En ek sou steeds die klein dingetjies
Voor jou voete lê
As ek van vooraf kon liefhê
Sou ek jou hier by my wou hê
En dit bly steeds die klein dingetjies
Wat soveel meer, soveel meer kan sê
As ek van vooraf kon liefhê
Sou ek jou nog altyd wou hê
En ek sou steeds die klein dingetjies
Voor jou voete lê
As ek van vooraf kon liefhê
Sou ek jou hier by my wou hê
En dit bly steeds die klein dingetjies
Wat soveel meer, soveel meer kan sê