Net Die Wind Weet

Wiele van die lewe draai
Elke dag word omgeblaai maak weer deure oop
Deur my siel se vensterraam
Ry die landskap eenstryk saam bring weer nuwe hoop

Maak nie saak waarheen nie
Ek’s aan die stuur van my eie lewens wa
My koers opgedra

Ons reis tot die einde van die tyd
Elke dag ‘n stukkie van die ewigheid
Elke dag ‘n nuwe roetekaart, elke dag geleen ooh
Net die wind weet waarheen

Seile van die lewe span
Groet weer eers ‘n vreemde kar die horison wink
Deur my hart se teleskoop
Waar golwe die dagbreek doop bly sterre nog blink

Maak nie saak waarheen nie
Ek’s aan die stuur van my skip se lewens vaart
My kompas voorwaarts

Ons reis tot die einde van die tyd
Elke dag ‘n stukkie van die ewigheid
Elke dag ‘n nuwe roetekaart, elke dag geleen ooh
Net die wind weet waarheen

Ons reis tot die einde van die tyd
Elke dag ‘n stukkie van die ewigheid
Elke dag ‘n nuwe roetekaart, elke dag geleen ooh
Net die wind weet waarheen ooh
Net die wind weet waarheen

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans