Neem My Op Vlerke

Jy sien die wêreld deur kinders se oë
Hoef nie aan ander se twyfels te glo
Jy is 'n boodskap 'n wese wat woordloos verstaan

Jy is die laggende boog wat bly swewe
Hoop wat soos son in my polsslag bly lewe
Op trappe van lig loop jy sag
Jou asem 'n wolk
Stil soos die nag

Neem my op vlerke Engel ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke Engel laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Vanuit die poorte van jou wol kastele
Kom jy en waak oor die mense se treë
Gestuur met beloftes verby ruimte en tyd

Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge
Voel jy die lus vir vandag en vir more?
Jy is 'n kneg van die lewe van strewe en rus
Net soos jy is

Neem my op vlerke Engel ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke Engel laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Is ek alleen?
Dan hoef ek net te vra
En jy sal kom
Jou vreugdesboodskap dra

Neem my op vlerke Engel ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke Engel laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Curiosità sulla canzone Neem My Op Vlerke di Anneli Van Rooyen

In quali album è stata rilasciata la canzone “Neem My Op Vlerke” di Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen ha rilasciato la canzone negli album “Ek Wil Jou Ken” nel 1999, “Weerklink Halleluja” nel 2001, e “Treffers Op Versoek” nel 2009.

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans