Mooiste Heuwelland

Seën ons Heuwelland
Soos naaldwerk kant lê liggies teen die rand
Huisies oker en room
Staan in die amber son en droom

Hier hang hemel in die lig
Hier is skemer net ‘n sug
Hier is liefde meer as woorde
In my mooiste Heuwelland

Hier hang hemel in die lig
Hier is skemer net ‘n sug
Hier is liefde meer as woorde
In my mooiste Heuwelland

Sien die aand se spieël
Van lagfontein tot duiwekrans gestuur
Fyn soos porselein
Praat liggies deur die naggordyn

Hier is soetheid in die dag
Hier is troos in elke nag
Hier is lewe meer as aanhou
In my mooiste Heuwelland

Hier hang hemel in die lig
Hier is skemer net ‘n sug
Hier is liefde meer as woorde
In my mooiste Heuwelland
In my mooiste Heuwelland

Curiosità sulla canzone Mooiste Heuwelland di Anneli Van Rooyen

Quando è stata rilasciata la canzone “Mooiste Heuwelland” di Anneli Van Rooyen?
La canzone Mooiste Heuwelland è stata rilasciata nel 1988, nell’album “Soos ou vriende”.

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans