Honkietonk-Onthou

As die honkietonk se klawers oor die grammofoon speel
Bring die fyn ou klanke herinnerings om te deel
Vandag is briekdans mode pop en disco nog meer
Maar jy kan my terugneem hierna keer op keer

Mens kan dit sien in elke foto hoor in elke noot
Loslit om die draaie vastrap klein en groot
En ek moet regstaan vir die ritme jakkalsdraf se tier
Die geheim lê in die voete en hou jou hande net hier

En ons trap links en dwars en alkant toe die is reg
En ons trap links en dwars al die sorge weg
Daar is ‘n tyd vir lag
‘n Tyd vir samesyn
Saam kan ons die lewe sing en vreugde daarin bring

In sy kapkar kom my ridder flink en sterk en skaam
Sal my maar verbeel dat sy mini die paal kan haal
O ek kan drome droom oor gister reënboog krale swaai
Met rigting kan ek glinster en dit nou nog in my laat draai

En ons trap links en dwars en alkant toe die is reg
En ons trap links en dwars al die sorge weg
Daar is ‘n tyd vir lag
‘n Tyd vir samesyn
Saam kan ons die lewe sing en vreugde daarin bring

En ons trap links en dwars en alkant toe die is reg
En ons trap links en dwars al die sorge weg
Daar is ‘n tyd vir lag
‘n Tyd vir samesyn
Saam kan ons die lewe sing en vreugde daarin bring
Saam kan ons die lewe sing en vreugde daarin bring

Curiosità sulla canzone Honkietonk-Onthou di Anneli Van Rooyen

Quando è stata rilasciata la canzone “Honkietonk-Onthou” di Anneli Van Rooyen?
La canzone Honkietonk-Onthou è stata rilasciata nel 1988, nell’album “Soos ou vriende”.

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans