Bitter Bessie Dagbreek

ANNELI VAN ROOYEN, INGRID JONKER

Bitter bessie dagbreek
Bitter bessie son
'n Spieël het gebreek
Tussen my en hom

Stap ek langs die grootpad
Om daar langs te draf
Oral draai die paadjies
Van sy woorde af

Dennebos herrinnering
Dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal?
Trap ek in my leed?

Pappegaai bont eggo
Kierang-kierang my
Totdat ek bedroë
Weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
Antwoord hy al om
Bitter bessie dagbreek
Bitterbessie son

Bitter bessie dagbreek
Bitter bessie son

Bitter bessie dagbreek
Bitter bessie son
'n Spieël het gebreek
Tussen my en hom

Stap ek langs die grootpad
Om daar langs te draf
Oral draai die paadjies
Van sy woorde af

Dennebos herrinnering
Dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal
Trap ek in my leed?

Pappegaai bont eggo
Kierang-kierang my
Todat ek bedroë
Weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
Antwoord hy al om
Bitter bessie dagbreek
Bitter bessie son

Bitter bessie dagbreek
Bitter bessie son

Curiosità sulla canzone Bitter Bessie Dagbreek di Anneli Van Rooyen

Quando è stata rilasciata la canzone “Bitter Bessie Dagbreek” di Anneli Van Rooyen?
La canzone Bitter Bessie Dagbreek è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Treffers Op Versoek”.
Chi ha composto la canzone “Bitter Bessie Dagbreek” di di Anneli Van Rooyen?
La canzone “Bitter Bessie Dagbreek” di di Anneli Van Rooyen è stata composta da ANNELI VAN ROOYEN, INGRID JONKER.

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans