As Ons Kan Droom

Hoop jou oë kyk na die vroeë dagbreek
Jy’s die hartklop die belofte van ‘n nuwe dag
Voel die asem van die lewe in jou oop gaan
Daar is rede vir jou en my om hier te staan

Maak die sprong hardloop hierdie dag in
Vind jou reënboog elke twyfel weg gewas
Moenie wag nie nou’s die tyd vir nuut begin
Leef jou drome deur dit maak die lewe mooi

As ons kan droom (As ons kan droom)
Kan ons verder sien as nou
As ons kan gee (As ons kan gee)
Sal ons kry om mee te bou?
As ons kan droom, as ons kan hoop
Lê die lewe voor ons oop

Vang die tyd kyk na die vroeë dagbreek
Daar’s ‘n polsende uitsig op die nuwe dag
Voel die vlam van lewe in ons aan die brand slaan
Daar is vreugde vir jou en my om hier te staan

Maak die sprong hardloop hierdie dag in
Sien jou reënboog blink hoog bokant die stof en roes
Moenie wag nie nou’s die tyd vir nuut begin
Leef jou drome deur dit maak die lewe mooi

As ons kan droom (As ons kan droom)
Kan ons verder sien as nou
As ons kan gee (As ons kan gee)
Kan ons kry om mee te bou?
As ons kan droom, as ons kan hoop
As ons kan glo kyk net na bo

As ons kan droom (As ons kan droom)
Kan ons verder sien as nou
As ons kan gee (As ons kan gee)
Sal ons kry om mee te bou?
As ons kan droom, as ons kan hoop
Lê die lewe voor ons oop

Canzoni più popolari di Anneli Van Rooyen

Altri artisti di Afrikaans