Jy's Myne
Asem in asem uit
‘n Klippie teen my kamer ruit
Roep my weer nog ‘n keer
Soos ietsie uit ‘n movie uit
Ek sien jou daar staan
Onder daardie volmaan
Jy’s nie ‘n rugbyheld of ‘n miljoenêr
Jy’t nie ‘n private jet of ‘n eiland ver
Kry nie rose by dosyne nie maar jy’s myne
Jy’s nie ‘n druiweboer in ‘n limousine
Maar vir jou soene gee ek jou tien uit tien
Ek het niks meer as jou nodig nie ja jy’s myne
Jy is myne
Draai my in draai my uit
Ons dans net met die aandgeluid
Soen my weer nog ‘n keer
Staan na my die hele tyd
En soos ons hier staan
Onder hierdie volmaan
Jy’s nie ‘n rugbyheld of ‘n miljoenêr
Jy’t nie ‘n private jet of ‘n eiland ver
Kry nie rose by dosyne nie maar jy’s myne
Jy’s nie ‘n druiweboer in ‘n limousine
Maar vir jou soene gee ek jou tien uit tien
Ek het niks meer as jou nodig nie ja jy's myne
Ja jy’s myne
Ek weet dit want jy’s myne
Jy’s nie ‘n rugbyheld of ‘n miljoenaar
Jy’t nie ‘n private jet of ‘n eiland ver
Ek kry nie rose by dosyne nie maar jy’s myne
Jy’s nie ‘n druiweboer in ‘n limousine
Maar vir jou soene gee ek jou tien uit tien
Ek het niks meer as jou nodig nie maar jy’s myne
Jy is myne