Ek En Jy

Nogal snaaks hoe die lewe soms
Met jou gevoelens speel
Jy weet nie wat wag jy weet nie wat kom
Om elke hoek en draai

Maar somtyds is die antwoord daar
Oor die lewe wat jy na vra
Jy weet nie wat’s reg jy weet nie waarheen
Maar vanaand gaan ons leef in onse fantasie

O dis ek en jy en ons drome ry
En die lewe wat vir ons wag
En ons praat van plekke Rome, Milan
Op die maan ‘n liefdesnag
O ja dis ek en jy en ons drome ry
Op die maan ‘n liedesnag

Weet jy wat is so mooi vir my?
Jy kan droom net wat jy wil
Jy kan maan toe vlieg of met die visse dans
In jou eie ruimtetuig

Geen grense in jou eie wêreld
Jy gaan net waar jy wil
Jy kan die wolke streel of in die reën gaan speel
Vanaand gaan ons leef in onse fantasie

O dis ek en jy en ons drome ry
En die lewe wat vir ons wag
En ons praat van plekke Rome, Milan
Op die maan ‘n liefdesnag
O ja dis ek en jy en ons drome ry
Op die maan ‘n liefdesnag

Daar is altyd ‘n realiteit
Maar ons harte is glad nie daar
‘n Sprokiesverhaal in kamaland
Elke uur elke dag elke klein sekonde

O ja dis ek en jy en ons drome ry
En die lewe wat vir ons wag
En ons praat van plekke Rome, Milan
Op die maan ‘n liefdesnag

O ja dis ek en jy en ons drome ry
En die lewe wat vir ons wag
En ons praat van plekke Rome, Milan
Op die maan ‘n liefdesnag
Op die maan ‘n liefdesnag

Canzoni più popolari di Andriette

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)